News

R2 miljard dwelmfabriek: Saak uitgestel oor TB-uitbraak

Die R2 miljard dwelmfabrieksaak is Vrydag uitgestel oor ’n TB uitbraak in die tronk.

Die vyf beskuldigdes in die dwelmfabrieksaak kon nie Vrydag in die hof wees nie, omdat die tronk onder kwarantyn is.

Jorge Humberzo Gonzalez, Alejandro Gutierrez Lopez, Roelof Frederik Botha, Simphiwe Melvin Khumalo en Ruben Vidal Rodriguez is op 19 Julie gearresteer. Die arrestasie het gevolg nadat die Valke ’n dwelmlaboratorium op ’n plaas buite Groblersdal oopgevlek het.

Lees ook: Dwelmlaboratorium in Groblersdal oopgevlek, kristal metamfetamien met waarde van R2 miljard gekry

Die saak sou Vrydag in die Groblersdal landdroshof voorkom, maar het landdros Bogi Mashele die saak uitgestel, omdat die beskuldigdes nie die hofsitting kon bywoon nie.
Hy het gesê dat die beskuldigdes nie daar kan wees nie, omdat hulle onder kwarantyn is as gevolg van ’n tuberkulose uitbraak in die Paxton Gevangenis in eMalahleni.

Die saak is uitgestel na Vrydag, 15 November, vir die teenwoordigheid van die beskuldigdes.

Lees ook: R2 miljard dwelmfabriek: geen borg!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button