Video van ongeluk nog nie in hof gebruik
CCTV videomateriaal wat die ongeluk wys wat die lewe geëis het van ’n 13-jarige seun, is nog nie as getuienis gebruik nie.
’n Video wat wys hoe die 13-jarige Henko Booysen van ’n bakkie af val, wat vir sy dood verantwoordelik was, is nog nie in die hof gebruik nie.
Die verhoor teen Jaen-Pierre (JP) Booysen (26), wat aangekla is van strafbare manslag na die dood van Henko op 6 November 2017, het verlede week voortgegaan.
Daar moes besluit word of die CCTV videomateriaal, wat wys hoe die ongeluk gebeur, gebruik kan word.
Die persoon wie se CCTV kamera die ongeluk afgeneem het, se verklaring is egter nie geneem nie en was daar ’n dispuut of die videomateriaal gebruik mag word, al dan nie.

Die saak is uitgestel na Februarie 2025 vir die verklaring en bevestiging van die persoon wie se kamera die ongeluk afgeneem het.
• Henko het in die Life Midmed Hospitaal aan sy beserings beswyk, nadat hy in Steve Bikostraat van ’n bakkie afgeval het.
Booysen het reeds skuldig gepleit op die klagte dat hy bestuur het sonder ’n lisensie die dag wat Henko van die bakkie afgeval en kort daarna dood is in die hospitaal.
Hy het egter onskuldig gepleit op die strafbare manslag- en roekeloos nalatige bestuur klagtes en het die verhoor begin.
Hilda Viljoen, die ooggetuie van die ongeluk, het die dag se gebeure aan die hof geskets.
• Wico Swanepoel (prokureur, AfriForum privaatvervolgingseenheid) was weer by die hof om die familie te ondersteun.
• Henko se ma het haar tot AfriForum gewend nadat daar jare nie enige vordering in die saak was nie.
Lees ook:
