News

Bagasiebakmoord: Vier weer vlugtig voor

Die bagasiebak moordsaak het vanoggend weer vlugtig in die hof voorgekom.

Die drie mans en vrou wat aangekla word na die gebeure waar Danie Maritz (27) se oorskot in die uitgebrande voertuig van die vrouebeskuldigde se kar gekry is, het vanoggend vlugtig verskyn.

Angie (Angelique) Appelgryn, Jan Jordaan, Kobus Pretorius en Emele Jacobs het in die streekhof op Middelburg verskyn.

Angie Appelgryn.
Jan Jordaan.
Kobus Pretorius.

Hul verskyning volg na aanleiding van die gebeure waar Danie Maritz (27) in November 2023 by ’n skrootmetaalbesigheid in Middelburg vermoor is. Sy oorskot is later in die uitgebrande voertuig van Appelgryn naby ’n myn in Clewer gekry.

Jordaan en Pretorius is steeds in aanhouding sedert hul arrestasie in 2023.

Alex Grobler, wat ook aanvanklik saam met Appelgryn, Jordaan en Pretorius aangekla is, het laat verlede jaar tydens ’n pleitooreenkoms met die staat sy aandadigheid tydens die gebeure erken. Hy is effektief vyf jaar tronk toe gestuur.

Jacobs het vroeg in Januarie vir die eerste keer saam met die oorblywende drie in die hof verskyn.

• Tydens vanoggend se verskyning het Appelgryn se prokureur, Gerhard van Zyl, foto’s aangevra. Die saak is uitgestel na later vanjaar.

Danie Maritz se oorskot is in die bagasiebak gevind nadat die voertuig uitgebrand het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button