News

Video: Waterpyp bars wéér, padoppervlak besig om te sak

Die brandkraanpyp wat herstel is nadat dit vir ’n geruime tyd skade veroorsaak het aan die padoppervlak in Octoberstraat, het weer gebars.

Sakelui is teleurgesteld dat ’n brandkraanpyp wat reggemaak is, weer gebars het en besig is om die padoppervlak te beskadig.

Daar is in Januarie berig oor die waterprobleem in Octoberstraat wat die pad sodanig beskadig het dat ’n groot donga in die pad gevorm het. Mnr. Donovan Weber het aan die hand van ’n video gewys hoe diep die gat voor hul besigheid was.

Lees ook: Video: Pasop vir reuse donga oor pad voor besigheid!

Kort nadat daaroor berig is, het die munisipaliteit die pyp reggemaak en het mnr. Weber sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die munisipale span.

Lees ook: Video: Riool en water is reg, nou is dit nog net die donga!

 

Hy het gister omgekrap gesê dat die pyp weer gebars het. Vanoggend het hy gesien dat die padoppervlak ook weer begin sak.

Mnr. Weber het die waterlek gister en vanoggend afgeneem.

 

@middelburgobserver

Wees versigtig! Waterpyp het wéér gebars en is besig om padoppervlak te beskadig in Octoberstraat, Middelburg (Mpumalanga).

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button