News

Verdagte in hof vir besit van vermoorde man se haelgeweer

Tyden 'n gesamentlike ondersoek deur die polisie en ander rolspelers, is 'n tweede verdagte vasgetrek net etlike weke na mnr. Robert Stoltz se moord.

‘n Tweede verdagte het Vrydag in die hof verskyn na die wrede moord op mnr. Robert Stoltz.

Mnr. Stoltz is op 30 April op die plaas Stofkraal in die Hartelus omgewing vermoor.

Bobo Mokoena is tydens ‘n gesamentlike ondersoek deur verskeie rolspelers gearresteer op die moord. Hy het kort na sy arrestasie ‘n bekentenis afgelê. Tydens die bekentenis het hy onder meer gesê vir wie hy mnr. Stoltz se haelgeweer gegee het.

Bobo Mokoena is by sy werksplek in die Laersdrif omgewing gearresteer.

Mokoena het Maandag in die Groblersdal Landdroshof verskyn en is die saak uitgestel na Maandag (more) vir formele borgaansoek.

Lees ook: Deurbraak in Robert Stoltz moordsaak – verdagte in hof vandag, talle wapens, ammunisie gevind

Bazali Mathebula (29) is op 20 Mei gearresteer en het Vrydag in die Groblersdal Landdroshof verskyn op klagtes van besit van ongelisensieerde wapens en ammunisie.

Alhoewel Mathebula nie positief verbind word met mnr. Stoltz se moord nie, word hy onder andere aangekla vir die besit van mnr. Stoltz se gesteelde haelgeweer. Die haelgeweer was reeds uitmekaar gehaal.

Tydens sy arrestasie op 20 Mei, is ‘n huis deursoek op ‘n plot in Laersdrif en is buiten mnr. Stoltz se haelgeweer, ook ander wapens, waaronder ‘n Phoenix geweer en ammunisie, nog ‘n haelgeweer en ‘n pistool gevind. Daar is in totaal 218 rondtes ammunisie vir die onderskeie wapens gekry.

• Borg van R4 000 is toegestaan aan Mathebula en die saak is uitgestel na 23 Junie vir verdere ondersoek.

• Die gesamentlike optrede is gedoen deur Bosveld Misdaad Ondersoeke (BMO) onder leiding van Sakkie Louwrens, die Roossenekal speurdiens, die Sekhukhune opsporingspan en die polisie se kriminele rekordsentrum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button