News
Video: Gedeelte van stadige baan op N4 waar trokongeluk was, byna klaar opgeruim
’n Gedeelte van die stadige baan op die N4 was vir ure toe vir opruimingswerk na ’n trokongeluk.
Spanne and onder andere TRAC, is steeds besig met opruimingswerk op die N4, net na die Arnot-afrit, waar twee trokke vanoggend omstreeks 03:30 in ’n ongeluk betrokke was.
Die bestuurder van die agterste trok het ernstige beserings opgedoen.
Lees ook: Een baan op N4 versper na trokongeluk
Die stadige baan was ’n geruime tyd gesluit vir die opruimingswerk.
Gerhard Smit (Van Wettens Insleepdienste) het pas laat weet dat die toneel binne die volgende 20 minute tot ’n halfuur heeltemal behoort opgeruim te wees.
@middelburgobserver Teams are busy cleaning on N4 after an accident between two trucks just past the Arnot off-ramp. The road will be open in about 20 minutes.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
