News

Staalhokke, alarms en ‘skokdrade’ om hekmotordiefstalle te voorkom!

Middelburgers is keelvol vir die hekmotordiefstalle en word daar allerhande planne beraam om dit moeiliker vir die diewe te maak.

Ons gemeenskap is nou moeg vir die bende wat hekmotors voor die voet uitruk en word daar nou al van mensvreter-honde tot skokdrade voorgestel.

Vanoggend om 01:40 is daar weer ‘n hekmotor in Dennesig gesteel, dié keer in Hertzogstraat!

Op al wat nood- en straatgroep is, word daar die afgelope tyd idees rondgestuur en planne beraam om dit nie net moeiliker te maak vir die boewe om die hekmotors te steel nie, maar ook om hulle op ‘n manier te probeer vastrek.

Een van die voorstelle was dat mense elektriese kabels op hul hekmotors moet koppel om die diewe te skok, maar is mense gewaarsku dat sou die diewe beseer word, die huiseienaar aangekla sal word.

Mensvreterhonde is afgelag, want dan gaan die eienaar dalk ook in die slag bly!

Op ‘n ernstiger noot is videos rondgestuur van ‘n alarmstelsel (wat gekoppel word op die motor) wat geweldig raas om die diewe die skrik op die lyf te jaag. Mnr. Jaco Breytenbach, wie se honde en sy gemonteerde staalhok om die hekmotor die diewe Vrydagoggend in Leysdsstraat die aftog laat blaas het, het egter dieselfde dag ‘n alarm ook op sy hekmotor gesit.

Ander inwoners het gemeld dat hulle Voice Alert stelsels hulle sal waarsku as daar toegeslaan sou word.

Talle Middelburgers het intussen ook staalhokke om hul hekmotors vasgessit, maar van dit is die afgelope week saam met die hekmotor uit die grond uit geruk.

‘n Unieke klein opsporingstelsel, bykans dieselfde as dié wat ‘n mens op voertuie kry, is ook voorgestel.

Daar word egter oral op die groepe gevra dat mense moet oplet as hul honde skielik onrustig begin blaf in die nag en as hulle die hekmotordiewe sien, om dadelik die polisie of hul noodgroepe te kontak. Dit is duidelik gestel dat mense hulle nie self moet konfronteer nie, want dit is onseker of die hekmotordiewe gewapen is.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button