
Dit is nog vroeg in die seisoen maar twee Suid-Afrikaanse spanne, die Bulle en Stormers, gee reeds die pas aan in die verenigde rugby kampioenskap.
Die Bulle is na sy oorwinning van 39-31 oor die kampioenspan van Leinster bo aan die punteleer met 10 punte, gevolg deur die Stormers op nege.
Munster is ook op nege punte.
Die Bulle kan sy span aansienlik versterk met terugkerende Bokke en ’n lang rits beseerde spelers wat van hulle skete herstel het.
Cobus Wiese kan ook weer oorweeg word nadat hy teen die Ospreys van die veld is met harsingskudding.
Dit is te betwyfel of ’n speler soos die kaptein Ruan Nortje dadelik gekies sal word na sy hoë werkslas vir die Bokspan.
Uitslae die naweek is:
Munster 23 – Cardiff 20.
Benetton 16 – Glasgow Warriors 14.
Dragons 17 – Sharks 17.
Stormers 26 – Ospreys 10.
Zebra Parma 22 – Leeus 20.
Bepalings:
Vrydag 10 Oktober.
20:45 Munster vs Edingburgh.
20:45 Scarlets vs Stormers.
Saterdag 11 Oktober:
16:00 Benetton vs Leeus.
16:00 Ospreys vs Zebre.
!8:30 Glasgow Warriors vs Dragons.
18:30 Leinster vs Sharks.
20:45 Cardiff vs Connacht.
20:45 Ulster vs Bulle.