Dallers wys veggees teen Tom Naudé
Hoërskool Ben Viljoen se rugbyspanne het met ywer en spanwerk beïndruk in wedstryde teen HTS Tom Naudé.
Hoërskool Ben Viljoen se rugbyspanne het op Vrydag, 23 Mei, vir groot opwinding gesorg tydens hulle ligawedstryde teen HTS Tom Naudé van Polokwane.
Die Dallers het die dag met vasberadenheid, spanwerk en karakter aangepak, met verskeie wedstryde wat tot in die doodsnikke op ’n mespunt was. Ondersteuners was vasgenael terwyl die spanne alles in die stryd gewerp het.

Hoewel die besoekers in verskeie afdelings sterk vertoon het, het Ben Viljoen se spelers gewys dat ware Dallergees nie net in die eindtelling lê nie, maar in die manier waarop hulle hulself op en langs die veld gedra.
Die eerstespan het veral beïndruk met ’n selfversekerde vertoning wat die Dallervlag hoog laat wapper het.
•Die volledige uitslae is in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller.





