KYK: Tweede jaar kampioene na drie se droom waar word
Nasionale spanne dalk uitgenooi vir krieketoefenkampe.
 
						Wanneer ’n droom waar word. Of miskien kan mens ook sê “when a plan comes together”.
Vier jaar gelede, in 2021, het twee lede van Hoërskool Middelburg se beheerliggaam, André Brandmuller en Hento Deale, ’n droom gehad; om die skool uit te bou tot die nommer een krieketskool in die provinsie.
Om daardie droom te laat word, het hulle iemand nodig gehad wat saam sal droom. Daar was niemand beter as Shaun Neethling nie.
@middelburgobserver Hoërskool Middelburg se uitstekende krieketfasiliteite is die realisering van ’n vyfjaarplan. Localnews Middelburgobserver NewsinMiddelburg
’n Oud Laerskool en Hoërskool Kanonkop leerling, wat nie net vir sy skool se eerste krieketspan gespeel het nie, maar vir Tukkies, die All Stars Krieket Klub, Middelburg Krieket Klub, Mpumalanga senior mans span vanaf 2013 tot 2022 en die Snipers krieketspan. Hy is aangestel as hoof van krieket en het ook die eerstespan onder hande geneem.
“Ons wou goeie strukture vestig, gekwalifiseerde afrigters betrokke kry, ’n krieket akademie by die skool vestig, fasiliteite opgradeer en seker maak ons word die skool van keuse, wat krieket aanbetref in die provinsie,” sê die Middies onnie Woensdag by die spoggerige krieketklubhuis.

En nou, vier jaar later, kondig ’n bekende sportwebblad aan “Hoërskool Middelburg continued its dominance over the last two years”. Dit was nadat die eerstespan die Switch Skole SA20 teen Nelspruit vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen het. Nelspruit het in die Mpumalanga eindstryd 173/5 aangeteken met Middies wat die telling verbygesteek het met net drie paaltjies plat.
Maar dit was nie net die eerstespan wat uitgeblink het nie. Die skool het 10 spanne in die Mpumalanga liga ingeskryf, waarvan sewe provinsiale kampioene is, een span is naaswenners en nog een het derde geëindig.
Die beste speler die jaar was:
Onder 14:
Wijand Millard
Joe Barnard
Xander Engelbrecht
Bijon Landman.
Onder 15:
Fredrik Boshoff
Wilre Cilliers
Daryl Chirumetsikwa
PJ van der Merwe.
Ope Spanne:
Eduan Strydom
Herman Potgieter
Hendre Nel
Gavin Genis.
Volgende jaar is dit die einde van die vyfjaarplan en Shaun en sy span sit nie stil nie.
In vanjaar se eerstespan was daar net twee graad twaalfs en ses graad elfs wat ’n blink toekoms voorspel.
Maar die droom is nie net op die veld uitgeleef nie. Hoërskool Middelburg beskik oor top krieketfasilteite met ’n grenstou, uitsaai platform, elektroniese telbord, binne en buitenhuise krieketnette, kantskerms, besproeiing oor die hele veld, Rolem grassny masjien, krieketklubhuis en span/kleedkamers vir besoekers en tuisspanne.
“Ons beplan om volgende jaar die krieketveld onder ligte te sit en sodoende toernoeie en selfs senior of nasionale spanne te nooi vir oefenkampe!” Shaun sê Hoërskool Middelburg staan vir geen stad of privaat skool terug nie.
“Ons fasisliteite is op hoë standard, as dit nie dieselfde is nie, is dit selfs beter. Ons het ook geleenthede waar ons spelers blootstel aan agente om oorsee krieket te speel en ook goeie verhoudinge met Tuks en Noordwes Universiteit.”
