News
KYK: Bulderende massas water spoel oor Loskopdam se walle!
Met tot 100mm reën wat gister in Middelburg geval het, het die water afgespoel in die Klein Olifants om Loskopdam in 'n wit watermassa te omskep.
Wat ‘n gesig! Miljoene liters water bulder tans oor Loskopdam se wal!
Gister se baie reën in en om Middelburg, waar daar op plekke tot 100mm gemeet is, het afgekom in die Klein Olifants- en Olifantsrivier. Teen laat vanmiddag was dit ‘n aanskoulike gesig toe die stroom al hoe groter oor die walle gestroom het.
Bennie Joubert was daar om dié besondere oomblikke op foto’s en video vas te lê.
Loskop het al verlede week begin oorloop, maar teen laat vanmiddag was dit ‘n siedende waterval.
@middelburgobserver The majestic view of Loskop Dam taken by Bennie Joubert today, November 17, just before 18:00. LoskopDam, Weather, Rain, MiddelburgObserver
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
