News

Reënmeters loop oor, spruite oorspoel hul walle!

Daar is van oraloor gister laat weet dat inwoners se reënmeters oorgeloop het!

Dit was gister ‘n nat dag en het talle Middelburgers tot 100mm reën gister gemeet.

Saterdag het die weervoorspelling gewaarsku dat dit erg gaan reën in veral Gauteng en Mpumalanga en was die voorspelling in die kol.

Spruite en stroompies het in riviere verander en moes inwoners ompaaie ry omdat water oor paaie gespoel het. Die munisipaliteit het selfs gewaarsku om spesifieke areas te vermy, omdat spruite oorstroom het.

Vloedwaters in Middelburg vleilande.
Al die vleilande in die dorp het soos damme gelyk.

 

Inwoners het laat weet dat daar 70mm reën in Kanonkop gemeet is, 90mm in Mineralia, 95mm in Clubville en tussen 95 en 100mm in Aerorand en Aerorand Wes.

  • Die koel weer duur vandag voort met ‘n maksimum van net 14°C en ‘n 20% kans vir reën wat verwag word. Vanaf Dinsdag begin die kwik styg na 21°C en later in die week selfs na 24°C. Daar is elke dag tussen 30 en 60% kans vir reën tot Sondag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button