News

GEMEENSKAP: Middelburg Care Village laat Desember skitter met liggies

Maak seker jy woon hierdie jaar die Middelburg Care Village se liggiefees by!

Die Middelburg Care Village se liggies skyn weer van 5 tot 20 Desember, waar families, liggies, heerlike kos en musiek kan geniet – alles ter ondersteuning van meer as 100 kinders wat by die Middelburg Care Village woon.

Kersfees, desember, middelburg, care village, liggiefees
Middelburg Care Village. Foto: Verskaf.

Die fondse help die sentrum om die finansiële druk van die eerste maande van 2026 te dra wanneer die kinders van hul vakansies terugkeer.Voorbereidings is reeds volstoom aan die gang. Die kinders maak kleurvolle vlae, die bekende Kersboom van 10 meter hoog word opgerig, en die Care Village se ‘Kerslig-elfies’ werk hard om ’n magiese feeservaring te skep.

MIddelburg, Childrens home, kinderhuis, desember, liggiefees
Inwoners kan uitsien na liggies, liefde en ‘n lekker fees. Foto: Verskaf.

Die Middelburg Care Village nooi ook inwoners uit om as vrywilligers by stalletjies te help en sodoende deel te word van die lig wat hulle jaar ná jaar versprei.

Pret vir die hele gesin

Die Liggiefees bied vanjaar ’n groot verskeidenheid kinderaktiwiteite, insluitende:

• Kinderspeelarea.
• Motorfietsiebaan – bring jou kind se eie stootfietsie of huur een (slegs vir kinders onder 5 jaar).
• Karnaval-speletjies soos Ring Toss, Catch a Duck en Shooting Target teen R10 per speletjie.
• Springkastele.
• ’n Nuwe veilige peuter-area vir kleingoed om te speel en ontdek (speel op eie risiko, geen toesig).

MIddelburg, Childrens home, kinderhuis, desember, liggiefees
Die dorp se liggies gaan helder skyn. Foto: Verskaf.

Toegangsfooie

Met genoeg oop spasie om te hardloop, lag en baljaar, beloof dit die perfekte somersaand-uitstappie vir jonk en oud te wees.

• R40 per volwassene
• R30 vir pensioenaris
• Gratis vir kinders onder drie jaar.

Saam met die gemeenskap se ondersteuning, duisende liggies en die besondere feesatmosfeer, is dit duidelik: hierdie fees gaan groot én klein se harte laat skitter.

Persone wat as vrywilligers wil help by die Middelburg Care Village, kan HIERDIE VORM aanlyn invul.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button