News

KYK: Wie lieg en wie praat die waarheid oor denne plantasie?

Inwoner sê hy kon nie vrot bome kry nie en nou bly net die stompe oor.

Wie lieg oor die dorp se afgesaagde denne plantasie en wie praat die waarheid?

Verdoornstraat se eens pragtige plantasie lê nou in ’n hopie afgesaagde stompe.

Die stompe is gemerk, wat aandui dat dit verkoop gaan word.

Raadslede sê daar is aan hulle gesê die bome “het begin vrot en het omgeval” en daarom is dit afgesaag.

’n Inwoner van Aerorand sê egter hy het in die plantasie gestap en net een boom gekry wat afgesaag kon word.

Met die Middelburg Observer se besoek kon ons nie een “vrot boom” kry nie.

Die bome is afgesaag deur ’n kontrakteur van Mineralia, Nico Minnie.

@middelburgobserver

The felled pine trees in Middelburg packed onto heaps and numbered. The lumber was removed despite orders for the wood to be left as is, after a tree feller laid in with the chainsaw without municipal approval in one of the town’s protected green belts.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Bronne uit die Steve Tshwete Munisipaliteit het gesê geen bouwerk kan in die gebied plaasvind nie, omdat die dorpsbeplanning dit aandui as ’n groen gordel.

Inwoners is getroos met die verskoning dat daar nou inheemse bome geplant gaan word.

Die Parke Departement het nie eers ’n bossiekapper of geld om ’n bossiekapper te koop, om die begraafplaas te onderhou nie, waar gaan hulle geld kry om die dennebome te vervang?

Die selfde geld die Dennesig dammetjies wat toegegroei het, omdat daar  volgens raadslid Johan Dyason, nie geld is om gif te koop om die barbergras en riete te bestry nie.

Inwoners vra tereg of daar ’n studie gedoen is om te bepaal of die denne plantasie afgesaag moet word en indien wel wie het so studie gedoen.

Dieselfde geld die plantasie langs die N11, net voor Dennesig, wat gedeeltelik afgesaag is.

’n Raadslid het aan een van die Dennesig inwoners gesê die bome word afgesaag omdat daar behuising kom en die munisipaliteit het nie geld om self die bome te verwyder nie.

’n Dag later is vasgestel dat daar nie behuising opgerig mag word nie en Minnie saag die bome sonder toestemming af.

Raadslid Dyason het opdrag gegee dat die plantasie se vernietiging dadelik gestaak word en die stompe mag nie verwyder word nie.

Vanoggend het ’n Dennesig inwoner, Sal Botha, gesien dat van die stompe wel verwyder is. Hy het dit aan rdl. Dyason rapporteer.

Minnie het Vrydagaand gesê “Aubrey” het vir hom toestemming gegee  om die bome af te saag.

Volgens rdl. Dyason het die hoof van Parke, me. Dalene Lamprecht, nooit skriftelike toestemming gegee nie.

Die vraag is nou: Wie lieg en wie praat die waarheid?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button