KYK: Ma-hen met kuikens ontwrig verkeer in besige straat
Besorgde voetganger speel henwagter om haar veilig te hou.
Net op Middelburg!
Op ’n dorp waar ’n bobbejaan sy aapstreke uitgehaal en ’n hond geklap het dat hy rol, waar ’n vlakvark by ’n dominee se huis opgedaag het en ’n likkewaan ewe parmantig in die hospitaalgange afgestap het, is ’n hen en haar twee kuikens seker niks snaaks in ’n besige straat nie.
Terwyl die hen al kloekend oor Wesstraat gestap het, moes motoriste hulle bestuursvernuf ken om nie die gesinnetjie raak te ry nie.Sy het al pikkend oor die straat gestap en haar nie gesteur aan die verbysnellende karre nie.

’n Besorgde voetganger het die hoenderpatrollie al armswaaiend uit die gevaar probeer kry.
Gee die dorp se inwoners ’n veer in die hoed. Hulle het vinnig rem getrap en gesorg dat die hen nie in ’n flattie verander nie.
Sy is later weer terug oor die straat en haar kuikens kon ook al sukkelend op die sypaadjie na veiligheid klim.
@middelburgobserver East or West, this chicken mother is the best! Video taken by Tobie van den Bergh in Wes Street, Middelburg Mpumalanga.
