KYK: Verkeer staan tans stil op N4 by Woestalleen waar ernstige ongeluk was
Die N4 by Woestalleen waar daar vroeër vanmiddag 'n noodlottige ongeluk was, is tans gesluit vir die polisie se forensiese span om hul ondersoek af te handel.
Motoriste moet daarop let dat verkeersopeenhopings verwag kan word op die N4 naby die Woestalleen-afrit (Belfast se rigting), omdat die pad tans gesluit is na ‘n noodlottige ongeluk.

@middelburgobserver Verkeer staan tans stil op N4 by Woestalleen, Belfast se rigting, waar daar vroeër vanmiddag ‘n noodlottige ongeluk was. Verkeersopeenhopings kan verwag word. TrafficAlert
Die polisie se forensiese lede is besig met hul ondersoek, waarna die toneel opgeruim en die pad dan weer oopgestel sal word. Dit is onduidelik presies wanneer die pad weer oop sal wees.

@middelburgobserver Traffic Alert: Accident on the N4 near the Woestalleen offramp. Drive with caution, expect delays. N4, Accident, TrafficAlert
