News

Wees gewaarsku: Noodlottige ongeluk op N4 by Woestalleen

Motoriste word gemaan om versigtig te ry na 'n noodlottige ongeluk op die N4 naby Woestalleen.

Voorlopige inligting wat verkry is vanaf ‘n ongelukstoneel op die N4 naby die Woestalleen-afrit is dat daar drie mense, waaronder ‘n jong kind in die ongeluk gesterf het.

Die ongeluk het omstreeks 16:40 gebeur. Na wat verneem word was twee bakkies betrokke, een voertuig lê op sy kant op die ry-oppervlak en die ander bakkie is die veld in geslinger.

Een van die bakkies lê op sy kant op die padoppervlak. Die ongeluk het op die N4 by die Woestalleen afrit gebeur. Foto: Verskaf (Registrasienommer op versoek verbloem).

Motoriste word gemaan om stadiger te ry as hulle die area nader.

Al die nodige dienste, waaronder ‘n ambulans, TracN4, brandweer en insleepdienste is reeds op die toneel. Een persoon is per ambulans na die King Nyabela Hospitaal in Middelburg afgevoer.

Een van die bane is tans gesluit en voertuie kan nog stadig in die ander baan verbybeweeg.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button