News

KYK: Diewe sak toe op skole vir skootrekenaars

Twee skole van Middelburg was die afgelope week slagoffers van diefstalle.

Hoërskool Kanonkop was laasnag die tweede skool wat onder diewe deurgeloop het, nadat ’n dief Donderdag ook by Hoërskool Middelbuir toegeslaan het.

Kringtelevisiemateriaal het Donderdag gewys hoe ’n man met ’n rooi T-hemp en pet by die sekretaresse se kantoor instap, rondkyk, laaie oopmaak en uitstap. Later keer hy terug en alhoewel daar nie gesien word hoe hy die skootrekenaar steel nie, het hulle

@middelburgobserver

Man caught on CCTV cameras at Hoërskool Middelburg, walking into the secretary’s office. He later walked out with her laptop under his arm. CaughtonCamera, LaptopTheft, HoërskoolMiddelburg, MHS, MiddelburgObserver

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Ligdag vanoggend het Hoërskool Kanonkop agtergekom dat daar ook by hulle ingebreek is.

Mnr. Martin Fourie (hoof) sê hul kringtelevisiemateriaal het opgetel dat daar drie inbrekers op die perseel was. “Daar moet ’n mark wees vir wat hulle gesteel het, want hulle het ander goed van waarde gelos. Projektors en skootrekenaars is by vier klasse gesteel. Hulle het by die rekenaarklasse ook probeer inkom, want slotte is gebreek, maar hulle kon weens die veiligheidshekke nie inkom nie.”

Een van die diewe het ’n wit lap oor sy gesig gehad en daarmee saam,“’n hoodie gedra.”

Een van die inbrekers wat laasnag by Hoërskool Kanonkop toegeslaan het. Foto: Verskaf.

Dit is nie die eerste keer dat skole in Middelburg deurloop onder diewe nie.

In 2024 het die Observer verskeie stories gedoen oor inbrake by skole en is Gary Roos gearresteer. Hy het later borg van R1 000 gekry, maar nie een van die slagoffers het ooit weer gehoor wat van hul sake geword het nie.

Die CCTV videomateriaal van die verdagte wat die karsleutels in me. Elfrieda Kruger se klaskamer gevat het en haar kar gesteel het. Garry Roos is later gearresteer en het in die hof verskyn.

By Hoërskool Kanonkop is onder andere hulle kanon gesteel en het hulle dit later teruggekry toe die verdagte se vrou dit teruggebring het. Gary Roos het die kanon eers probeer verkwansel by ’n pandjieswinkel, maar toe hy ondervra is, het hy weggejaag.
• Daarna het Laerskool Dennesig deurgeloop waar verskeie skootrekenaars gesteel is.
Daar was duidelike kringtelevisiemateriaal en is Roos daarop herken.
• In dieselfde tyd is mnr. Johan Kruger se voertuig gesteel by Middelburg Primary School, waar sy vrou, Elfrieda, skoolhou. Hulle is ’n paar dae later in kennis gestel dat Roos gearresteer is. Mnr. Koos Vos het die voertuig opgemerk, dit vasparkeer en die polisie gekontak.
“Daar is groot skade op die voorste paneel van die voertuig aangerig en ons het twee maande gewag voor ons die voertuig kon terugkry,” vertel mnr. Kruger.
Roos het later borg van R1 000 gekry, maar net daar het die saak ‘doodgeloop.’ “Ons het nooit weer van die polisie gehoor nie,” het mnr. Kruger vanoggend gesê.
• Daar is navraag gedoen by kol. Jabu Ndubane (provinsiale polisie se mediakantoor) om te hoor wat gebeur het met die sake teen Roos. Sy het beloof dat sy sal uitvind by die ondersoekbeampte en sal terugkom na die joernalis toe. Sodra sy ’n antwoord verskaf, sal ons daaroor berig.
In Junie 2024 het ’n ander onbekende man, wat glad nie lyk soos Roos nie, ingestap by ’n laerskool in die dorp en ’n skootrekenaar gevat. Hy is later op HTS Middelburg se skoolgronde ook gesien, maar daar is gelukkig niks gesteel nie. Hy is nooit gearresteer nie.

Die man wat ’n skootrekenaar gesteel het by ’n laerskool in Junie 2024. Foto: Skermskoot van kringtelevisie beeldmateriaal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button