News

Rugbyspeler wat deur boot getref is ernstiger beseer as wat besef is

Operasie more gedoen om skade te herstel wat Oom C-Breeze aangerig het

Die gewilde rugbyspeler, Frikkie (Kappie) Kapp (60), is ernstiger beseer, nadat ’n hengelboot hom getref het, as wat aanvanklik gemeen is,
Hy word moreoggend in die Netcare Pretoria Oos Hospitaal geopereer.
Boonop het ’n bloedklont in sy long verhinder dat die operasie vroeër plaasvind.

’n Wonderwerk

Hy op is 23 Maart by die Mynmanne Hengelkompetisie, wat by Sodwana aangebied is, deur die boot Oom C-Breeze, onder kaptein Henk du Plessis, raakgery.
Nadat die boot oor hom gery het, het deelnemers aan die hengelkompetisie hom onder die boot uitgegrawe.
Dit is ’n wonderwerk dat hy oorleef het.

Teruggekeer na Middelburg

Sy mond, neus, ore, oë en elke ander plek waar daar sand kon in, het gemaak dat hy bloed en sand uitspoeg, toe hy uiteindelik onder die boot uitgetrek is.
’n Helikopter is ontbied, wat hom na die Netcare St Augustine Hospitaal in Durban afgevoer het.
Na ’n week in die hospitaal het hy teruggekeer na Middelburg, om hier verder aan te sterk.

Kappie Kapp saam met oud Suidoos en Middelburg rugby kaptein, Piet Craven, in die St Augustine Hospitaal in Durban afgeneem. FOTO: verskaf.

Hy het vanmiddag uit sy hospitaalbed in die Pretoria Oos Hospitaal gesê “daar is baie meer beserings as wat ons gedink het.”
Daar is vasgestel dat hy onder andere ses ribbes gebreek het, drie rugwerwels en sy skouer is ernstig beseer.

Verklaring ’n week na die voorval

Die organiseerders van die Mynmanne Hengelkompetisie, het in ’n verklaring ’n week na die voorval, gesê: “Op 23 Maart 2026, om ongeveer 14:20, het die boot Oom C-Breeze, onder kaptein Henk du Plessis, gestrand en mnr. Frikkie Kapp op sy linkerskouer getref, wat hom na die bakboordkant van die boot gestoot het. Ten tyde van die voorval het mnr. Kapp, wat toesig hou oor die strandbeheerspan, die boot na die strand gehelp. Toe hy besef dat die boot hom sou tref, het hy na die bakboordkant gehardloop, waar hy deur die boot getref is. Omstanders en mediese personeel, wat tydens die kompetisie op die strand gestasioneer was, het onmiddellik opgetree. Mnr. Kapp is in die bystand-ambulans geplaas en na die eerstehulpfasiliteit by Sodwanabaai gehaas, waar hy gestabiliseer is.”

Sedert 1977 aangebied

Dit was sy 39ste jaar as “meester van die strand” by die groot hengelkompetisie.
Die Mynmanne word beskryf as “meer as net ’n visvangkompetisie – dit is ’n nalatenskap van broederskap, gemeenskap en onvergeetlike herinneringe in die mynbou- en mineraalbedryf”.
Die Mynmanne word sedert 1977 aangebied.

Lees ook:

Boot ry oor gewilde rugbyspeler by Mynmanne hengelkompetisie

OPVOLG: Ondersoek nadat hengelboot oor oud rugbyspeler ry

Nee kyk, die meeste ouens sou dood gewees het

OPVOLG: Mynmanne sê wat het Kappie se lewe gered

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button