News

Luister hoe sing die Tradies

Wie sal ooit Sir Tobie Wynvat en Bibberbakkies vergeet?

HTS Middelburg vier volgende jaar sy 100ste bestaansjaar, sy eeufeesviering.
Daar was oor die jare ’n persepsie dat die skool bekend is vir sy rugbyspanne en die ambagte wat leerlinge kan deurloop.

Tog het daar dokters en predikante en ja ook Springbokke uit HTS Middelburg gekom.
En wie sou kon dink dat HTS Middelburg in 1968 ’n langspeelplaat uitgereik het?
Die skool staan glad nie agter in die ry op kultuurgebied nie. Vanaf die vroeë jare sestig is die skoolkoor ’n bron van trots. Die koor onderneem verskeie toere en in 1968 word ‘n langspeelplaat “Tradies Sing” opgeneem.

Op toneelgebied presteer die skool met verskeie toneelopvoerings, soos in 1967 se opvoering van Shakespeare se Twaalfde Nag in Afrikaans met verskeie onderwysers en seuns in die hoofrolle. Wie kon Sir Tobie Wynvat en Sir Andries Bibberbakkies vergeet!?

En nou is daar die week tydens die derby gefokus op kultuur en die “Tradies” se langspeelplaat onthou.
Dit is meestal gewyde musiek en mens wonder waar die pragtige vrouestemme vandaan kom.

  • Ons deel graag een van die liedjies met ons lesers.
@middelburgobserver

Derby 2026 – Voel mens nou lekker oud! Dis nou as jy Hoër Tegniese Skool Middelburg se langspeelplaat ‘Tradies sing’ kan onthou, of dalk nog een iewers in jou versameling het. #derby #hts #mhs

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button