News

Catch a Fire het “feite verdraai” sê oudpolisieman

Aanrandings het nooit plaasgevind nie

Die film Catch a Fire is ’n verdraaiing van die feite, sê speur adjudant offisier Fanie Etsebeth.
Hy het ook in 2007 in ’n koerantonderhoud uitgevaar hoe polisiemanne in die film uitgebeeld word.
Daar word ook beweer dat een van die Sasol bomaanval beskuldigdes, Patrick Chamusso, deur die ondersoekbeampte aangerand is.
Etsebeth sê hy het nooit sy hande gelig vir Chamusso nie.

“Biografiese riller uit 2006 oor aktiviste”

Die film was ’n mislukking by die loket. Die begroting was $14 miljoen
maar die film het net $5.7 miljoen gemaak.

Catch a Fire word beskryf as ’n “biografiese riller uit 2006 oor aktiviste”. Die film is geregisseer deur Phillip Noyce en geskryf deur Shawn Slovo. Slovo se pa, Joe Slovo, en ma Ruth First, was leiers van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party.
Chamusso was op ’n stadium Joe Slovo se lyfwag.
Slovo het Middelburg besoek om tydens ANC saamtrekke as spreker op te tree.

Volgens die draaiboek word Chamusso, ’n jong, apolitiese man, in 1980 daarvan beskuldig dat hy ’n terroriste-aanval uitgevoer het. Denkbeeldige polisieman Nic Vos is in beheer van die opsporing van die “terroriste” na ’n bomaanval by die Secunda CTL sintetiese brandstofraffinadery.

Vrylating beveel

Chamusso word volgens die film onwillig in Vos se ondersoek ingetrek by ’n vorige klagte weens sy onvermoë om ’n bevredigende verduideliking te gee vir sy verblyfplek ten tyde van die ander bomaanval.
“Uiteindelik word Chamusso, sy vrou, Precious, en sy gesin deur Vos en sy ondergeskiktes gemartel. Desperaat sê Chamusso dat hy bereid is om ’n misdaad te bely, wat hy nie gepleeg het nie, om sy gesin te beskerm. Vos kom tot die gevolgtrekking dat Chamusso onskuldig is en beveel sy vrylating.

“Aangevuur deur die woede oor die onregte wat hy en sy gesin gely het, sluit Chamusso aan by Umkhonto we Sizwe, die militêre vleuel van die ANC.
“Hy probeer die olieraffinadery waarvoor hy gewerk het, aan te val deur eers die aangrensende watervoorsieningsfasiliteite te bombardeer en 15 minute later die hoofontploffing binne die raffinadery self te veroorsaak.”

Vroeg vrygelaat

Chamusso word in hegtenis geneem en tot 24 jaar gevangenisstraf gevonnis
Hy word vroeg vrygelaat weens die afskaffing van apartheid.
Adjudant Etsebeth kon geen bewyse kry dat Chamusso ooit by Sasol gewerk het nie.
Chamusso het jare gelede in ’n onderhoud met die Sondagkoerant Rapport beweer dat hy wel aangerand is.

Lees ook:

Polisieman onthou Sasol limpetmyn-ontploffings

Skrapnel tref polisieman toe handgranaat ontplof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button