News

Skrapnel tref polisieman toe handgranaat ontplof

Madiba: "It is not easy to revisit the painful past"

“Vandag op 2 Junie 1980 het ses limpet myne ontplof, by die Synthol-aanleg op Secunda, waarna die groot werk begin het…sabotasie. Arrestasies!
“Gedurende Oktober 1981 weer bomontploffings op Evander, Sasol 2, Secunda.
Twee mans doodgeskiet op Kendal.
In Witbank omgewing weer vyf limpet myne. Arrestasie!
“Ek was die hoofondersoekbeampte in beide sake. Ek bly nederig en beskeie.”
Later skryf oud speur adjudant offisier Fanie Etsebeth in ’n WhatsApp-boodskap aan my “ek het dit gemaak tot hier, ek is dankbaar”.

Maar wie is Fanie Etsebeth?

Die seun van ’n Apostoliese Geloofsending pastoor, ook Fanie, van Witbank.
Sewe kinders.
Een van drie boeties wat almal polisiemanne geword het.

Wanneer ek Dinsdae nuus by die speurtak op Witbank gaan insamel het, het hy dikwels aan die veiligheidstak se kant gestaan.
Ons koerantmanne was doodbang vir die veiligheidspolisiemanne.
Daar was ’n hek tussen die speur- en veiligheidstak.
Is altyd met ’n groot spoed verby daardie hek.

“Miracle”

Fanie was eers ’n speurder op Witbank wat as veiligheidspolisieman gewerf is.
Hy is hoogsopgelei, ook as lyfwag.
Oor sy kleurryke loopbaan kan ook ’n film gemaak word. Miskien een met die titel “Miracle”.

Daar is vele polisiemanne en joernaliste wat nie die stormjare van Suid-Afrika oorleef het nie.
Soos Ken Oosterbroek, fotojoernalis en lid van die Bang-Bang Klub. Hy het vir The Star in Johannesburg gewerk, en is op 18 April 1994, in Thokoza doodgeskiet.

Vele polisiemanne het nie net hulle lewe verloor nie, maar talle is vermink gelaat of worstel vandag steeds met erge Post Traumatiese Stres Sindroom.
Dat Fanie Etsebeth hier is om die verlede in herinnering te roep, is ’n wonderwerk.

21 Handgranate ontplof

Tydens kontak op 17 Januarie 1970 in Rhodesië (Zimbabwe) ontplof ’n handgranaat twee meter van hom af. ’n Stuk skrapnel tref hom in die rug en hy verloor die gehoor in sy regteroor.
Een van sy kollegas word in die maag en bene geskiet. ’n Ander een in die nek. “Dit klink na ’n veëverhaal maar dit is die reine waarheid.”
Daar ontplof 21 handgranate in die polisiemanne se kamp. Hy het nogsteeds sy trommel met ’n gat, nadat dit deur ’n projektiel getref is.

Jaagtog te voet

Terwyl hy in Natal gestasioneer is, jaag hy en van sy kollegas ’n man wat by ’n hospitaal ingebreek het.
Die inbreker het ’n groot kapmes by hom.
Terwyl hy op die inbreker se hakke is, vuur een van sy kollegas van agter.
Dit is ’n wonderwerk dat hy nie getref is nie.
Na ’n jaagtog te voet, arresteer hy die inbreker.

Fanie Etsebeth nadat hy twee koedoekalfies uit bitter koue water gered het saam met ’n onbekende lid van Natuurbewaring. FOTO: Verskaf..

In 1990, in die hartjie van die winter, red hy twee koedoe kalfies uit die waterkanaal op pad na Loskopdam Natuurreservaat.

Maar Suid-Afrika het aanbeweeg.
Fanie Etsebeth het aanbeweeg.
Hy het voor die Waarheid- en Versoenings Kommissie verskyn en het kwytskelding gekry.

Brief van Nelson Mandela

President Nelson Mandela skryf in ’n brief aan oud adjudant offisier Etsebeth:
“You have shown great courage and belief in the process of national healing by sharing your story, a story that will be a permanent record and reminder of how far we have come. It is not easy to revisit the painful past, yet it is one important way in which we can at last, move on to build a national community based on truth and acknowledgement of pain, instead of denial. Be assured that your own sacrifices and contribution are truly valued.”

Lees ook:

Polisieman onthou Sasol limpetmyn-ontploffings

Catch a Fire het “feite verdraai” sê oudpolisieman

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button