Observer Daller

Groblersdal polisiestasie nie gesluit

Groblersdal Polisiestasie is nie gesluit nie, die kanthek is oop.

Daar is tans konstruksiewerk by die ingang van die Groblersdal Polisiestasie, maar die stasie en aanklagkantoor is steeds oop.

Talle inwoners het vanoggend die Daller gekontak, onder die indruk dat die polisiestasie gesluit is, omdat hul nie toegang tot die polisiestasie kon kry nie.

Volgens mnr. Kobus Hildebrand (Groblersdal Buurtwag), is die kanthek van die polisiestasie oop, terwyl die konstruksiewerk by die hoofingang plaasvind.

Dit is op hede onduidelik wanneer die konstruksiewerk voltooi sal word.

Daar is kennisgewings by die ingang aangebring om die publiek te wys om die kanthek te gebruik.

Mnr. Hildebrand het ook genoem dat die konstruksiewerk gepaard gaan met die opknappings aan die ingang by die polisiestasie, waarby hoë heinings en ’n elektrisiesehek en hekmotor geïnstalleer sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button