Observer Daller

Twee Ben Viljoeners gekies vir nasionale span

Twee van Groblersdal se eie toer na Spanje as deel van sewes.

Twee leerlinge van Hoërskool Ben Viljoen is opgeneem in die AVS o/19 Bokkie-sewesrugbyspan wat in Desember na Spanje sal toer.

Uit Hoërskool Ben Viljoen is Janik Britz, Steven Nel, Tiaan Scheepers, Joe Cloete en Nathan Boucher ingesluit in die Natal-sewesrugbyspan wat aan die Bokkieweek se Somerweek deelgeneem het. Hierdie span het tydens die week in die algehele sesde plek geëindig.

Na afloop van die Bokkieweek se Somerweek is Joe en Nathan ook gekies vir die nasionale span wat vanaf 1-10 Desember in Spanje sal toer.

Joe Cloete. Foto: Verskaf.

Slegs 12 leerlinge is gekies om deel te vorm van hierdie nasionale span, en is Hoërskool Ben Viljoen besonders trots dat twee van hul leerlinge posisies kan inneem om Suid-Afrika en die skool te verteenwoordig.

Nathan Boucher. Foto: Verskaf.

•Om Joe en Nathan se fondse aan te vul om op hierdie toer te kan gaan, verkoop hulle tans lootjies vir R100 waar mense ’n skaap, wat reeds verwerk en verpak is, kan wen. Daar is ook ’n rekening geskep vir donasies.
•Vir meer inligting of om lootjie kaartjes te koop, kontak Marlene Cloete by 082 389 2471.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button