Groblersdal sal vir nóg ongeveer vier ure sonder elektrisiteit wees, omdat die Krugerstraat-substasie se stroomtransformator gebrand het.
Volgens mnr. Willie Oosthuizen, wykraadslid, het die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit se elektriese span die stroomtransformator gekry en is reeds besig om die gebrande een te verwyder.
“Die geskatte hersteltyd is vier ure, indien alles goed verloop,” sê mnr. Oosthuizen.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
