Hoërskool Ben Viljoen swemmers by IPS-gala
Hoërskool Ben Viljoen se swem-leerlinge het die Limpopo-span verteenwoordig by die interprovinsiale swemgala.
Ses swemmers van Hoërskool Ben Viljoen het as deel van die Limpopo-span aan die interprovinsiale swemgala by Stanford Lake College deelgeneem.
Simoné Theron is tydens dié swemgala aangewys as die Senior Victrix Ludorum.
Die uitslae is as volg:
•Anné Marais verwerf ’n vierde plek in die 100m vlinderslag, ’n vyfde plek in die 100m borsslag, ’n sesde plek in die 100m rugslag, asook tweede plekke in die onderskeie 200m vryslagaflos en 200m wisselslagaflos.

•Mari-Zanne Nortjé verwerf tweede plekke in die 100m rugslag, sowel as in die 200m vryslagaflos en 200m wisselslagaflos. Verder verwerf sy vierde plekke in die 100m borsslag en in die 100m vryslag. Sy verwerf ook ’n vyfde plek in die 200m individuele wisselslag en ’n sesde plek in die 100m vlinderslag.

•Tia-Mari Theron verwerf tweede plekke in die 200m vryslagaflos en 200m wisselslagaflos. Sy verwerf ook vyfde plekke in die 100m rugslag en 100m borsslag, asook sesde plekke in die 100m vryslag en 200m individuele wisselslag.

•Simoné Theron verwerf eerste plekke in die 100m rugslag, 100m vryslag, 200m individuele wisselslag, 100m vlinderslag en 100m borsslag. Sy stel ook twee nuwe rekords op, in onderskeidelik die 100m vlinderslag en 100m borsslag. Tydens die aflositems, verwerf Simone en haar aflosspanne tweede plekke in onderskeidelik die 200m vryslagaflos en 200m wisselslagaflos.

•Nicole Senekal verwerf ’n sesde plek in die 200m individuele wisselslag.

•Mighael Alberts verwerf eerste plekke in die 100m rugslag, 100m borsslag en 200m individuele wisselslag. Hy stel ook nuwe rekords op in die 100m rugslag, 100m borsslag en 200m individuele wisselslag. Verder behaal hy ’n tweede plek in die 100m vryslag, en saam met sy aflosspan verwerf hulle eerste plekke in die 200m vryslagaflos en 200m wisselslagaflos.

