Hoërskool Ben Viljoen presteer by Somerweek
Hoërskool Ben Viljoen se rugby- en hokkiespelers het uitgeblink by die Bokkieweek se Somerweek.
Nege spelers van Hoërskool Ben Viljoen het tydens die Bokkie Somerweek uitstekende prestasies behaal.
• Nathan Boucher het tydens die Somerweek die unie van Natal verteenwoordig as deel van hulle o/19 sewesrugbyspan. Die span eindig algeheel in die sesde plek.
Hy is ook ingesluit in die nasionale span wat tydens Desember na Spanje toer.

• Joe Ras het as deel van die nasionale o/14 Bokkie rugbyspan vanaf 22-29 September getoer na Namibië. Tydens hierdie toer het hulle vier wedstryde gespeel, waarvan hulle slegs een wedstryd verloor het.

• Chanté van Staden het die o/15 Verre Noord Woema hokkiespan verteenwoordig. Hul span eindig algeheel sewende en sy is ook ingesluit in die o/15 uitnodigingspan.

• Christiaan van Heerden het tydens die Somerweek die unie van Verre Noord verteenwoordig as deel van hulle sewesrugbyspan. Die span eindig vierde.

• Danielle Seyffert is na afloop van die Bokkieweek se Somerweek ingesluit in die o/17 Woema Gazelle hokkiespan. Sy was saam met Sune Lessing in die o/17 Verre Noord Woema hokkiespan wat in die algehele derde plek geëindig het.

• Tiaan Scheepers was tydens die Somerweek die onderkaptein van die Natal-unie se sewesrugbyspan. Hierdie span het in die algehele sesde plek geëindig.

• Stiaan Jonck het tydens die Somerweek die BCVO-unie verteenwoordig as deel van hulle o/19 sewesrugbyspan en die span eindig algeheel 11de.

• MJ Ras het tydens die Somerweek die BCVO-unie verteenwoordig as deel van hulle o/16 sewesrugbyspan, wat 10de geëindig het.

• Xander Snyman het ook die BCVO-unie verteenwoordig as deel van die o/16 sewesrugbyspan, wat 10de geëindig het.
