Observer Daller

CVO Marmer opedag ’n sukses

CVO Marmer het ’n opedag aangebied met klasbesoeke, interaktiewe aktiwiteite en opvoedkundige speletjies.

CVO Marmer het ’n opedag vir graad 0 en graad 1 leerlinge aangebied.

Die geleentheid het ouers en hul kinders die kans gegee om die skool se lewendige leeromgewing te ervaar.

Handré van den Heever. Foto: Verskaf.

Die hoogtepunt van die dag was klasbesoeke. Gaste het die klaskamers verken en kon sien waar en hoe hul kinders gaan leer.

Interaktiewe aktiwiteite was nóg ’n hoogtepunt. Die kinders kon deelneem aan kuns en opvoedkundige speletjies, wat die skool se innoverende onderrigmetodes uitgelig het.

Liana Grobler. Foto: Verskaf.

Die ouers en kinders het dit ook geniet om die onderwysers te ontmoet. Ouers kon met onderwysers gesels en meer oor die kurrikulum vir die komende skooljaar gesels.

Die opedag was ’n groot sukses en CVO Marmer sien uit daarna om nuwe #rotsvas maats en hul gesinne in hul skoolgemeenskap te verwelkom.

Beyers Zeelie. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button