Observer Daller

Trokongeluk: Pad gesluit

Die pad tussen Groblersdal en Tafelkop is tans toe vir verkeer na ’n trokongeluk op die Motetema-berg.

Die D1547 pad op Motetema-berg, tussen Groblersdal en Tafelkop, is tans gesluit na ’n vragmotor-ongeluk op die berg.

Volgens Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, het die bestuurder omstreeks 11:00 vanoggend beheer oor sy trok verloor.

Die pad is tans toe vir verkeer, terwyl die toneel skoongemaak word. Foto: Verskaf.

Slegs die passasier in die vragmotor is beseer en is per ambulans na die naaste hospitaal geneem.

Derrick waarsku dat die pad tans gesluit is en moontlik die heeldag gesluit kan weens, terwyl die toneel skoongemaak word. Daar het diesel op die pad beland.

“Geen verkeer kan tans met hierdie pad in of uit Tafelkop uitkom nie. Alternatiewe roetes, soos die Leeuwfonteinpad, word aanbeveel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button