Die Liggiefees by die Hervormde Kerk in Groblersdal het afgeskop. Foto: Zack Saayman.
Vanjaar is daar sommer baie meer liggies as die vorige jare by die Hervormde Kerk Groblersdal Liggiefees en kan Groblersdallers nie bekostig om dit mis te loop nie!
Die Liggiefees sal tot 21 Desember oop wees aan die publiek, van 17:00 tot 21:00. Foto: Janine Saayman
Hierdie jaar is daar ook stalletjies waar almal smullekker kos, drinkgoed, speelgoed en geskenkies kan koop.
Vanjaar se tema by die Liggiesfees is om Jesus se lig aan die wêreld te verkondig.
Die Liggiesfees sal duur tot 21 Desember en is daar dus meer as genoeg tyd om die hele familie soontoe te neem.
Die hekke open daagliks om 17:00 tot 21:00.
Die ingangsfooi is nie-bederfbare kos, skryfbehoeftes of geskenke, wat in die waentjie geplaas word. Dié skenkings is vir hul barmhartigheidsprojek en sal geskenk word aan die Diakonale Pleegsorgkinders.
Moet nie hierdie jaar se Liggiefees misloop nie. Foto: Janine Saayman.
• Die Hervormde Kerk beoog om elke jaar die Liggiefees nóg groter en nóg beter te maak.
Lafras Wessels, Andreas Saayman en Katinka Wessels. Foto: Janine Saayman.Gideon Vosloo en John Mosehla. Foto: Janine Saayman.Estelle Wessels en Sunette Claassen. Foto: Janine Saayman.Anell Briel. Foto: Janine Saayman.Darika, Corli en Christof Coetzer. Foto: Janine Saayman.Dina Stemmet. Foto: Janine Saayman.Pebbles the Clown. Foto: Janine Saayman.Vanessa Steenekamp, Tanya Steenekamp, Pastoor Jacques Joubert, Annatjie Buys en George Bredenhaan. Foto: Janine Saayman.Die Hervormde Kerk Groblersdal beoog om volgende jaar se Liggiefees nòg groter en beter te maak. Foto: Janine Saayman.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.