Observer Daller

Onnies offer vakansie op om matriekvraestelle na te sien

Hoërskool Ben Viljoen spog vanjaar met ’n groot groep onderwysers wat hul vakansie opoffer om matriekvraestelle na te sien.

’n Totaal van 18 onderwysers van Hoërskool Ben Viljoen is tans besig om Graad 12 NSS-vraestelle (Nasionale Senior Sertifikaat) na te sien.

Die onderwysers is as volg:
• Me. Sanel Griesel: Adjunk-hoofnasiener vir die E-merking van Wiskunde vraestel 2. Sy is een van slegs twee merkers in Suid-Afrika. Sy is ook ’n senior merker vir Wiskunde Vraestel 2.
• Me. Mariska Joubert: Merker van Engels Huistaal vraestel 3.
• Me. Alicia Giles: Merker van Geografie vraestel 1.
• Me. Marianda van Jaarsveld: Merker van Rekenaartoepassingstegnologie vraestel 2.
• Me. Talitha Cupido: Merker van Afrikaans Eerste Addisionele Taal vraestel 2.
• Me. Anrelene Smit: Merker van Afrikaans Eerste Addisionele Taal vraestel 3.
• Me. Christelle Nieman: Merker van Verbruikerstudies vraestel 1.
• Me. Elsa Malan: Merker van Verbruikerstudies vraestel 1.
• Me. Iea Meyer: Senior merker van Afrikaans Eerste Addisionele Taal vraestel 3.
• Me. Ja’nette Janse van Rensburg: Senior merker van Wiskunde vraestel 1.
• Me. Esmarie Coetzee: Adjunk-hoofnasiener van Wiskunde Geletterdheid vraestel 2.
• Me. Elma de Beer: Adjunk-hoofnasiener van Wiskunde Geletterdheid vraestel 1.
• Me. Dalene Schoeman: Adjunk-hoofnasiener van Lewenswetenskap vraestel 1.
• Mnr. Thinus Marais: Hoofnasiener van Meganiese Tegnologie vraestel 1.
• Mnr. Johan Cronjé: Hoofnasiener van Ingenieursgrafika en Ontwerp vraestel 1.
• Me. Anneke Snyman: Hoofnasiener van Afrikaans Huistaal vraestel 1.
• Me. Christine Coetzee: Hoofnasiener van Wiskunde vraestel 2.
• Me. Hannelie Erasmus: Interne Moderator van Engels Huistaal vraestelle 1, 2 en 3.

Die skool bedank elke onderwyser vir hul opoffering en toewyding tot die leerlinge van die skool.

Me. Talita Cupido. Foto: Verskaf.
Me. Sanel Griesel. Foto: Verskaf.
Me. Ja’nette Janse van Rensburg. Foto: Verskaf.
Me. Iea Meyer. Foto: Verskaf.
Me. Hanna Erasmus. Foto: Verskaf.
Me. Elsa Malan. Foto: Verskaf.
Me. Elma de Beer. Foto: Verskaf.
Me. Dalene Schoeman. Foto: Verskaf.
Me. Christine Coetzee. Foto: Verskaf.
Me. Christelle Nieman. Foto: Verskaf.
Me. Anrelene Smit. Foto: Verskaf.
Me. Anneke Snyman. Foto: Verskaf.
Me. Alicia Giles. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button