Observer Daller
Marmer ‘deel in die geel’
CVO Marmer het hul #rotsvas leerlinge wat ‘deel in die geel’ aangekondig.
Geel is ’n kleur van vrolikheid en vreugde. Geel is ’n kleur wat lig maak en lig uitstraal. Geel is ’n kleur wat uitstaan en ’n merk laat.
CVO Marmer het besluit om ook hul leerlinge, wat net soos geel uitstaan en lig in die skool bring, erkenning te gee deur hul projek, “Deel in die geel.”
Die laaste kwartaal se ‘geel’-leerlinge wat goeie gedrag, goeie geel gees en ’n goeie geel gesindheid getoon het, is Livan Terblanche, Liana Grobler, Alrich van der Westhuizen en Joalize Austin.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
