Observer Daller

Slaggat stééds ’n gevaar

Motoriste word stééds gewaarsku teen die yslike slaggat buite Marble Hall op die N11.

Mnr. Flip Jacobs, DA-wykraadslid, waarsku motoriste om stééds versigtig te wees vir die yslike slaggat wat oor meer as een baan van die N11 strek.

Dié slaggat is ongeveer 5km buite Marble hall geleë op die N11 oppad na Roedtan en direk oorkant die Poppielief Padstal geleë.

Mnr. Jacobs vertel dat SANRAL reeds ’n onderhoudspan gestuur het om die slaggat tydelik op te vul, maar dat dit ongelukkig nie baie effektief was om die slaggat te herstel nie.

“Die pad is baie besig met trokke en met die baie reën wat ons gehad het en wat veral op vir ’n geruime tyd op dié oppervlak gelê het, is die grond steeds baie nat. Dit veroorsaak egter dat die tydelike opvulling van teer nie baie effektief was nie. Die slaggat is baie gevaarlik en strek oor altwee bane van die pad. Die trokke ry soms 80km per uur op daai pad,” vertel Jacobs.

Hy waarsku motoriste om uiters versigtig te wees.

“SANRAL en hul onderhoudspan is bewus van die probleem en wag net vir die regte masjienerie om die slaggat behoorlik op te vul. Vir nou, is dit tydelik gevul. Daar is ook opgraderings wat beplan word vir dié pad en sal hierdie projek in Maart vanjaar begin, wat beteken dat hierdie pad die nodige aandag sal verdien.”

Lees ook: Wees versigtig: Slaggat!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button