Observer Daller

Waarskuwing: Padwerke op R33 (Stoffbergpad)

Daar is tans padwerke met stop-en-ry-punte op die R33 (Stoffbergpad) vanaf Groblersdal.

Verskeie waarskuwings het op sosiale media en die Traffic Alert WhatsApp-groep deurgekom om padverbruikers te waarsku oor die die padwerke op die R33 (Stoffbergpad).

Volgens Derrick Maidment (24 Seven Logistics) strek die padwerke vir 30km vanaf Groblersdal op die R33 in die rigting van Stoffberg.

Daar is glo beplanning dat die hele pad opgegradeer sal word vanaf Groblersdal tot voor Stoffberg.

Padwerke op die R33 net buite Groblersdal. Foto: Verskaf.

Tans word daar gebruik gemaak van stop-en-ry-punte om die veiligheid van die werkers, wat besig is met die padwerke, te verseker.

Padverbruikers is baie gelukkig oor die slaggate wat toegemaak word, aangesien verskeie klagtes verlede week ingestroom het oor die yslike slaggate op dié pad.

Lees ook: Wees versigtig: Slaggate ná die reën!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button