Observer Daller

Video: Voertuig bars deur muur

’n Voertuig het deur ’n muur in Ockertstraat gebars!

’n Mercedes het in trurat dwarsdeur ’n muur in Ockertstraat gery. Genadiglik is niemand beseer nie.

Die ongeluk het Saterdag, 1 Maart, om 19:24 plaasgevind.

Beeldmateriaal wys hoe die silwer Mercedes om 19:22 verby die erf ry en by ’n buurman oorkant die pad stop.

Twee minute later loop twee mans in die straat af en 30 sekondes later is die rooi truligte van die Mercedes sigbaar en bars dit deur die muur van die voortuin.

Die bestuurder van die Mercedes het nie beserings opgedoen nie.

• Die volle artikel kan in vandag se uitgawe van die Daller gelees word.

@die.daller

♬ original sound – Die Daller

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button