Guinea Feather Country Lodge: ’n Juweel in die bosveld
Guinea Feather Country Lodge bied plattelandse elegansie en is ’n ware juweel in die hartjie van die bosveld.
Die gesellige atmosfeer by Guinea Feather Coutnry Lodge word geskep in die rustigheid van ’n bosveldplaas tussen Bronkhorstspruit en Groblersdal op die R25.
Die pragtige lodge bied verwelkomende verblyf, ’n à la carte restaurant, pragtige trou venue en konferensiefasiliteite.

Natuur en bosveld
Hierdie bosveldlodge se fokus is op die natuur en is omring met saailanderye en ’n pragtige tuin.
In dié tuin is ook oorgenoeg plek vir die kinders om rond te hol en lekker te speel.
Voëlliefhebbers sal verseker hierdie lodge geniet, met reeds 96 voëlspesies wat geïdentifiseer is. Daar is ook talle voëlvoerders wat hang, om die spesies van nader te kan dophou.
’n Muisvoël het ook vir ’n geruime tydperk die restaurant sy tuiste genoem en sommer gereeld ’n paar happies van die gaste se heerlike disse self getoets.

Route 25 Steak Ranch
Guinea Feather Country Lodge se stylvolle restaurant, Route 25 Steak Ranch, bied ’n gesellige saamkuier atmosfeer.
Daar is ’n rustigheid wat sorg vir die perfekte onthaal vir families en vriende.
Die restaurant het reeds op 10 Desember 2004 geopen en is sedertdien bekend vir hul moeitelose en vriendelike diens.
Route 25 Steak Ranch is natuurlik bekend vir sy steaks, soos die naam sê, maar bied ’n verskeidenheid liplekker disse wat enige gas op ’n reis sal neem. Die spyskaart vertel ’n storie en die tema is: “Die lewe is ’n reis, geniet die rit.”
Die spyskaart is à la carte en bied ’n verskeidenheid disse tussen smaaklike huiskos- en restaurant-dis keuses.
Alle disse is tuisgemaak en word keurig voortgesit met groente en kruie uit die tuin.
Hier is natuurlik ook ’n verskeidenheid spesiale aanbiedings beskikbaar.
Die restaurant bied binne- en buite sitplek met meer as genoeg spasie vir groepe of klein intieme tafels.

Ou perseelhuis
Die Route 25 Steak Ranch restaurant op Guinea Feather Country Lodge word bestuur vanuit ’n ou perseelhuis. Hierdie ou huis bring verhale van lank gelede en bied ook ’n stukkie outydse elegansie, soos gesien in die nostalgie van ’n kleiner eetkamer.
Die perseelhuis is gebou in 1938 en het steeds sy oorspronklike deure en verskeie ander juwele uit die verlede.
Dit is verseker een van min perseelhuise in só ’n pragtige kondisie wat oor is in die Loskopskema.

Verwelkomende verblyf
Guinea Feather Country Lodge is ook bekend vir sy akkommodasie en verwelkomende verblyf.
Hier is ’n verskeidenheid familiekamers met privaat badkamers, lugversorging en moderne geriewe. Elke kamer bied ook gratis WiFi.
Daar is ’n skoon swembad omring met ’n groen bosveldtuin. Daar is ook ’n boma en buite braaigeriewe beskikbaar.
Die akkommodasie bied ook ontbyt-opsies, pakkette vir huweliksherdenkings en vir spesiale funksies.
By Guinea Feather Country Lodge word gaste behoorlik getref deur die nostalgiese, romantiese en natuurskoon atmosfeer van die bosveld.

Funksies
Guinea Feather Country Lodge maak ook voorsiening en bied geriewe vir verjaarsdagpartytjies, klein intieme troues, konferensies en spesiale funksies.
Die nostalgiese en romantiese dek is die perfekte area om ’n huweliksherdenking te vier.
Vir meer inligting oor wat hierdie elegante bosveldlodge vir gaste kan bied, of vir besprekings, kontak ontvangs by 071 696 1030, Willem by 082 626 6736 of Ester by 082 330 1916.




