Observer Daller

Stormwaterdreine is stééds geblokkeer

Groblersdal se stormwaterdreine is steeds ’n groot probleem as gekyk word na die damme wat op paaie gevorm het tydens die reën!

Groblersdal het die afgelope vir ’n aantal weke mildelike reën gekry.

Tydens die reën verlede week, kon daar duidelik gesien word waarom daar aandag aan die dorp se stormwatersisteem gegee moet word.

Tydens die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit en Sekhukhune Distriksmunisipaliteit diensleweringvergadering op 27 Maart het die munisipaliteit erken dat die stormwaterputte en -pype ’n probleem bly en voortdurend geblokkeer word.

Met die reën het water in strate opgedam en in dele van die dorp het dit gelyk gevloei met die randstene, omdat die water nie in die stormwaterdreine kon wegvloei nie.

Omdat die water nie wegvloei nie, oorstroom die pad en slaggate vorm.

Water dam op voor stormwaterdreine in Robertsonlaan.

Die munisipaliteit het gesê dat hulle die behoefte raakgesien het en dat die hele netwerk opgeknap moet word.

Tydens die vergadering is bevestig dat ’n konsepbegroting vir die ingenieursbeplanning, asook ’n paar kritieke punte aandag moet kry en word dit beraam op R3 miljoen. Dié konsepbegroting rondom die bedrag sal verder bespreek word tydens die geïntegreerde ontwikkelingsplanvergadering. Die datum vir hierdie vergadering sal nog bekend gemaak word.

Intussen het die munisipaliteit ’n toesighouer en twee algemene werkers aangestel om na die stormwaterdreine te kyk en ’n plan om dit skoon te maak, is in plek.

Die munisipaliteit beoog ook om van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram-personeel te gebruik om in hierdie verband te help met die skoonmaak van die stormwaterdreine.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button