Observer Daller
Loskop meet kragte teen Northam
Loskop Rugbyklub speel hul eerste ligawedstryd vir die seisoen teen die Northam Rhinos.
Loskop Rugbyklub sal Saterdag, 24 Mei, kragte meet teen die Northam Rhinos in die eerste ligawedstryde van die seisoen.
Beide die eerste- en tweedespanne van die klubs sal deelneem.
Die wedstryde sal op die tuisveld in Groblersdal by die Chris Wiid stadion plaasvind.
Die tweedespanne sal afskop om 16:00 met die eerstes om 17:30.
Ingangsfooie beloop R20 per persoon met ’n R50 kurkfooi.
Daar is ’n snoepie met heerlike kosse beskikbaar en die klub se kroeg sal ook oop wees tydens die wedstryde.
• Loskop Rugbyklub sal op Saterdag, 31 Mei, teen Warmbad Rugbyklub te staan kom in hul tweede ligawedstryde vir die seisoen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
