Wees versigtig: Spoedwal op N11 opgesit!
’n Massiewe spoedwal word tans aangebring op die N11 (Schoemanpad) by die tweede ingang na Masakaneng.
Teen laat vanmiddag het ’n konstruksiemaatskappy begin om ’n spoedwal op die N11 (Schoemanpad) aan te bring.
Derrick Maidment (24 Seven Logistics) waarsku motoriste oor dié spoedwal, aangesien niemand voor die konstruksie begin is daarvan in kennis gestel is nie.
“Hul is tans nog besig om die spoedwal aan te bring. Dis groot en dis reeds donker. Motoriste gaan nie die spoedwal sien nie,” waarsku Maidment.
‘n Stop-en-ry is tans aangebring tot konstruksiewerkers die spoedwal voltooi.
Maidment is egter van mening dat die spoedwal nie vanaand al geverf sal wees om motoriste te waarsku nie.
“Wees asseblief versigtig as jul van die Schoemanpad gebruik maak,” sê Maidment.
