Observer Daller
Wees versigtig: Spoedwal op N11 nog nie geverf nie!
Die massiewe spoedwal wat gister opgesit is op die N11 (Schoemanpad) by die tweede ingang na Masakaneng, is nog nie geverf nie.
Daar is waarskuwingsborde by die spoedwal, wat laat gistermiddag deur ’n konstruksiemaatskappy op die N11 (Schoemanpad) aangebring is, maar dit is nog nie geverf nie.
Talle klagtes het ingestroom op die TrafficAlert-groepe van motoriste wat nie die spoedwal verwag of gesien het nie, en skade aan hul voertuie opgedoen het.
Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees, veral in die aand wanneer dit moeilik is om die spoedwal te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
