Observer Daller
Spoedwal uiteindelik geverf!
Die spoedwal wat Dinsdag laatmiddag aangebring is op die N11 (Schoemanpad) by die tweede ingang van Masakaneng, is uiteindelik geverf.
Motoriste kan uiteindelik die nuwe spoedwal op die N11 (Schoemanpad) sien!
Teen gisteraand was daar steeds net waarskuwingsborde by die spoedwal en het Derrick Maidment (24 Seven Logistics) bevestig dat daar gisteraand nog geen teken van verf op die spoedwal was nie.
Alhoewel waarskuwingsborde én verf nou aangebring is by die spoedwal, word motoriste steeds gewaarsku om versigtig te weens, veral in die aand wanneer dit moeiliker is om die spoedwal raak te sien.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
