Observer Daller
Waarskuwing: Pad gesluit na ongeluk!
Die N11 (Schoemandpad) naby Masakaneng sal vir nagenoeg 'n uur nog gesluit wees ná 'n vragmotorongeluk.
Die spoedwal wat Dinsdag op die N11 (Schhoemanpad) by die tweede ingang na Masakaneng aangebring is, het sy eerste tol geëis.
Volgens Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, het die ongeluk reeds 04:10 plaasgevind, nadat die vragmotorbestuurder nie die spoedwal opgemerk het nie.
Die vragmotorbestuurder is ernstig beseer en per ambulans na Groblersdal Hospitaal vervoer.
Net die vragmotor was in die ongeluk betrokke en is die presiese omstandighede nog onduidelik.
Die pad sal vir die volgende uur nog gesluit wees om die vragmotor te verwyder.
Maidment waarsku weer motoriste om versigtig te wees by die spoedwal.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
