Observer Daller
DeWagendriftpad gesluit vir Uil-myl!
Die DeWagendriftpad is more gesluit vir die Uil-myl naby Ruby River Resort.
Die pad by Ruby River Resort op die DeWagendriftpad sal Saterdag, 28 Junie, vanaf 06:00 tot 18:00 gesluit wees vir motoriste.
Die Uil-myl, ’n goedgekeurde kwartmyl wedren, word op die D198 DeWagedriftpad aangebied in Groblersdal.
Alle nodige toestemming, reëlings en regulasies is in plek.
Dit is die derde keer wat die Uil-myl sal plaasvind en die eerste wedren sal reeds om 08:00 wegspring.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
