Observer Daller
Nuwe verkeerslig in dorp
’n Nuwe verkeerslig is geïnstalleer op die hoek van Noorlaan en Van Riebeeckstraat in Groblersdal.
Daar is reeds Saterdag ’n boodskap op WhatsApp uitgestuur deur die kommunikasieafdeling van Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit dat ’n verkeerslig geïnstalleer word by die vierrigting op die hoek van Noordlaan en Van Riebeeckstraat.
Dié verkeerslig se elektrisiteitskoppeling word tans gemaak, dus is die lig nog buitewerking.
Derrick Maidment, 24 Seven Towing, waarsku motoriste om kennis te dra van die verkeerslig en versigtig te ry in hierdie omgewing.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
