Observer Daller

Verkeerslig in werking

Die nuwe verkeerslig op die hoek van Noordlaan en Van Riebeeckstraat in Groblersdal is in werking.

Die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit het reeds Saterdag ’n kennisgewing uitgestuur dat ’n verkeerslig daardie dag geïnstalleer sal word op by die vierrigting op die hoek van Noordlaan en Van Riebeeckstraat.

Die verkeerslig se elektrisiteitskoppeling is gister gemaak, en is die verkeerslig vandag in werking.

Die munisipaliteit het gister omstreeks 19:35 op sosiale media aangekondig dat die verkeerslig se elektrisiteitskoppeling afgehandel is en in werking is.

Elias Motosoaledi Plaaslike Munisipaliteit se kennisgewing het ook motoriste gewaarsku om versigtig te wees vir die nuwe verkeerslig en hul roetes volgens die verkeerslig moet beplan om ’n veilige roete te verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button