Observer Daller
R579 naby Tafelkop Mall gesluit
Die R579 by Tafelkop Mall sal vir vier ure gesluit wees vir verkeer ná ’n grusame trompop botsing.
Vyf persone is kort ná 12:00 oorlede nadat twee voertuie op die R579 naby Tafelkop Mall in ’n trompop botsing betrokke was.
Die vyf insittendes in die een voertuig, ’n Nissan Sentra, is op die toneel dood verklaar, terwyl die bestuurder van die ander voertuig, ’n Volkswagen Polo, ernstige beserings opgedoen het en per privaat ambulansdiens vervoer is na Life Midmed Hospitaal in Middelburg.
Volgens Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, sal die pad gesluit wees vir verkeer vir vier ure, terwyl daar gewag word op die polisie se ongelukseenheid vanaf Polokwane.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
