Observer Daller
Malies netbalspanne toer na Middelburg
Laerskool Marble Hall se netbalspanne was op ’n leersame netbaltoer.
Die o/10 tot o/13 netbalspanne van Laerskool Marble Hall het ’n netbaltoer by Laerskool Middelburg bygewoon waar hul vaardighede ontwikkel en waardevolle ervaring opgedoen is.
Dit was ’n goeie geleentheid vir die spelers om hul vermoëns ten toon te stel, met spanmaats te bind en uit hul ervarings te leer.

Laerskool Marble Hall bedank elke ouer, afrigter en speler wat hierdie toer ’n groot sukses gemaak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
