Observer Daller
’n Betrokke leerder is ’n gelukkige leerder
By Hoërskool Ben Viljoen glo hul dat betrokke leerlinge, gelukkige leerlinge is, en beloon dus hierdie leerlinge met ’n balkie.
Hoërskool Ben Viljoen het leerlinge beloon vir hul betrokkenheid by die skool.
Deur die loop van die jaar kan leerders op verskeie terreine punte verwerf om in aanmerking te kom vir hierdie balkies waarvan die kleure volgens die aantal punte verskil. Wanneer leerders egter dissiplinêre punte verwerf, verloor hulle een positiewe punt vir elke tien dissiplinêre punte.

Maggie French, Nomthandazo Mabuza en Nicole Senekal het tydens Julie gekwalifiseer vir die witbalkies deur 25 punte te verwerf vir hulle betrokkenheid, deelname en akademiese prestasies!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
