Observer Daller

Verdagte vasgetrek vir selfoondiefstal

Sekuriteitsmaatskappy trek vermeende selfoondief in Groblersdal vas.

Gunmar het ’n verdagte vasgetrek wat positief verbind kan word met die diefstal van ’n selfoon uit ’n voertuig by ’n vulstasie in Herefordstraat.

Dié sekuriteitsmaatskappy is ontbied, nadat ’n bejaarde vrou van Lephalale se selfoon uit haar voertuig gesteel is by die vulstasie in Groblersdal.

Twee van Gunmar se reaksiebeamptes het die beeldmateriaal nagegaan en gesien dat die verdagte in die rigting van Kanaallaan gevlug het.

Die verdagte het in die bosse weggekruip, maar vinnig weer begin hardloop toe hy Gunmar se reaksiebeamptes sien aankom.

Gunmar was kort op die verdagte se hakke en kon hom jaag tot in die taxihalte, waar hy vasgekeer is.

Die verdagte is teruggeneem na die vulstasie, waar die gesteelde selfoon aan die bejaarde vrou oorhandig en die verdagte aan die polisie oorhandig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button