Observer Daller

Stof gaan lê met reënbui

Ná die verkwikkende reënbuie vanaf gisteraand kan almal sommer lekkerder asemhaal!

Die Vallei het sy eerste behoorlik reën vir die seisoen ontvang, nadat almal baie lank gebid het dat die stof bietjie gaan lê met ’n goeie reënbui.

Nóg ’n reënbui word teen vanaand verwag met ‘n 88% kans vir reën. ’n Sterk wind van 24km/p/h envroegaand donderbuie word ook plek-plek in die Groblersdal omgewing verwag. Daar word ook verspel dat die temperatuur vanaad sal daal tot 14°C.

Hierdie week sal die kwik bietjie daal en daar word deur AccuWeather voorspel dat daar môre (Dinsdag, 20 September) nóg reën verwag kan word, met ’n 55% kans vir reën en laatmiddag donderbuie plek-plek. Die kwik sal tot net 22°C styg.

Woensdag (1 Oktober) is ‘n sonnige dag met ‘n maksimum van 25°C.

Teen Donderdag is dit alweer ’n maksimum van 31°C.

Daar word verwag dat die temperatuur teen Vrydag weer bietjie sal daal na ’n maksimum van 27°C met ‘n paar wolkies wat oor die son sal trek.

Saterdag word daar gedeeltelike sonskyn voorspel met ’n maksimum van 29°C.

Teen Sondag begin die dag op 16°C en styg na ‘n warm, sonnige dag van 33°C.

Maandag duur die warm temperature voort met ‘n maksimum van 35°C wat verwag word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button